Vereeniging Lughawe word aangewys as die kern-lughawe vir kunsvlug-ontwikkeling PDF Print E-mail
Written by Administrator   
Friday, 28 November 2008 10:16

Die Vereeniging Lughawe is aangewys as die kern-lughawe vir kunsvlug-ontwikkeling in Suid-Afrika.
Die goeie nuus kom van mnr. Elton Bondi, 'n bekende in die lugvaart-kategorie.
Bondi en vlieeniers in die kunsvlug-arena is tans die gasheer van me. Valentina Drokina, internasionale kunsvlugkampioen wat onlangs vanuit Rusland, ingevoer is en tans opleiding aan vlieeniers by die lughawe gee.
Drokina spog daarmee dat die Suid-Afrikaanse vlieenier, Glen Dell, onder haar leiding die Red Bull Air Race in 2004 gewen het. Die Suid-Afrikaanse span het ook vroeer vanjaar, met haar kundige opleiding, 'n tweede plek tydens 'n wereldkragmeting in Amerika behaal. Drokina het reeds meer as 10 keer die wereld-kunsvlugkampioen-titel in Amerika en Europa onderskeidelik ingepalm.
Bondi vertel dat van die land se beste kunsvlugvlieeniers die lughawe as die ideale plek beskou waar die sport beoefen kan word; dit is sentraal tot Johannesburg gelee en toegerus met twee teeraanloopbane en Afgas.
"Ons oefen tans vir die Gauteng-streekskampioenskap wat op Sondag 22 Februarie by die lughawe gaan plaasvind. Ons sal praatjies aan die publiek lewer en werkswinkels hou waarin die dinamieka van die lugsport bespreek sal word," se Bondi.

Foto: Sarie van den Berg

Mnr. Elton Bondi en internasionale kampioen-afrigter, Valentina Drokina van Rusland, oefen tans weeksdae en naweke by die Vereeniging Lughawe in Roshnee ter voorbereiding van die Gauteng-streekskampioenskappe wat op 22 Februarie 2009 by die lughawe gaan plaasvind. Vlieeniers sal tydens die kampioenskap beskikbaar wees om belangstellendes te wys hoe die vliegtuie werk en verskeie werkswinkels sal aangebied word om die kuns te verduidelik. Die gemeenskap word genooi om naweke die lughawe te besoek en die kans te staan om van die land se beste vlieeniers in aksie te sien.

Registreer asseblief jou voorneme om 'n werkswinkel by te woon by 083 449 3378

Last Updated on Wednesday, 03 December 2008 08:17